Die Koekedore Elmarie en Suretha het vir hom worsrolletjies gebak wat hom baie na sy ma, ’n bobaasbakster, laat verlang het. Hy sê dit het die saadjie geplant om sy sluimerende worsroltalent te ontgin.

Hy het ná sy besoek die program begin kyk en dit het hom as bakker begeester.

Lees ook: Koekedoor-gas Hannon gril vir polonie en konfyt op Cream Crackers

“Dit het my so geïnspireer dat ek onmiddellik alle inhibisies oorboord gegooi, my oorlede moeder se worsrolletjieresep te voorskyn gehaal en begin bak het – ’n ding wat ek in my hele lewe nog nooit gewaag het nie.”

En al moet hy dit nou self erken, was dit “wragtig lekker”.

“Goed dan, ek weet ek is subjektief, maar gun my dan die waan van baasbakker wees vir ’n oomblik. Julle sal waarskynlik lag vir die baksel wat meer soos ’n klomp Putco-busse op ’n parkeerterrein lyk, maar vir my was dit ’n enorme deurbraak.”

Hy vertel hy het nou al ’n hele paar worsrolle gebak.

Lees ook: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!

“Ek moet byvoeg ek gaan koop skilferkorsdeeg in die supermark – oor haar dooie liggaam sou oorle ma haar aan so ’n skande skuldig maak. Dis seker waarom my worsrolle soos busse lyk. Hare was veerlig en delikaat soos dons, want mens, sy kon bak.”

Riaan skerts hy het tot hy sy hand aan worsrolle gewaag het, “nog net kluitjies gebak”. Hy het dalk die bakkersgene van ma en pa geërf. “Ek hoop ander manne trek ook die stoute bakskoene aan, want dit is beslis terapeuties ná ’n lang en harde werkdag.

“Ná my moeder se afsterwe was my pa, ’n ingenieur van beroep, aanvanklik in sak en as. Toe besluit hy op ’n goeie dag as hy ’n ingewikkelde tegniese tekening kan ontsyfer, behoort hy ’n resep te kan volg. Daar en dan takel hy toe my ma se resepteboek en bak beskuit. Dit was só ’n sukses dat hy vir dese en gene die een baksel ná die ander op bestelling gebak het. Kort voor lank het hy vrugtekoeke aangedurf en die hele familie in Desember van die allerlekkerste vrugtekoeke voorsien. Dit wys jou net.”

Kyk komende Donderdagaand op Koekedoor hoe die oorblywende sewe deelnemers bak dat die biesies bewe.

Koekedoor word Donderdagaande om 20:30 op kykNET uitgesaai.

Ook op Huisgenoot.com

Verloor só gewig sonder om enige kos uit te sny

Dis hoe lank kenners meen jy moet verslank om die vetjies vir goed weg te hou

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Tob jy te veel? Slaan dié gewoonte gou-gou hok

Pienk v. blou: Dié kleurfeite gaan sekere gevestigde tradisies op hul kop keer