Dit was haar opvlieënde ek-vat- g’n-nonsens- houding wat hom die eerste keer laat kiertsregop sit het – o jaaa, hy het haar vir seker raakgesien. Hulle albei het in ’n vyfsterhotel in Kaapstad tuisgegaan waar sy as sanger en hy as seremoniemeester opgetree het, en toe kla sy sowaar luidkeels oor die diens.

Emmanuel Castis (34) was beïndruk. Dié meisiemens het presies gesê wat sy dink en sy het klaarblyklik nie nonsens gevat nie. Dit was toe natuurlik Louise Carver (30), een van Suid-Afrika se voorste sangers en ’n ware tawwe tienie in ’n fyn lyfie. Nou, twee jaar later, is sy en die aantreklike Emmanuel een van die land se superglans-paartjies, mense wat kanse met albei hande aangryp. Nee kyk, die lewe kan doodeenvoudig nie beter nie.

So bedrywig is hulle dat dit maar sukkel om hulle in die hande te kry. Emmanuel is juis nou te sien in die derde seisoen van die bekroonde drama Erf-sondes en hy wys ook gesig as die agterdogtige sanger Cole in die sepie Scandal!, terwyl Louise se juwelereeks haar besig hou, en sy het pas haar vierde album, Look to the Edge, uitgereik.

Die snit Warrior, ’n duet met die rapper Zulu Boy, boer op radiostasies, en sy is vir die onlangse Sama-toekennings-

geleentheid benoem as beste beste vroulike kunstenaar.

Tot dusver wou die twee geen dooie woord oor hul liefde verklap nie. Maar ons het mooi gevra, en uiteindelik vertel hulle: Dis sommer baie, baie besonders...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 29 April 2010.

Wen

Twee gelukkige lesers kan elk ’n Jingle & Chimes-armband (’n wit varswater-pêrel-armband met sewe rye en ’n onikssteen) ter waarde van R1 899 wen. Om in te skryf, SMS die woord JINGLE, jou naam en adres voor 6 Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R2.