Emma Watson is ’n meisie met mag. Nadat sy met die bekendstelling van die veldtog #HeForShe by die Verenigde Nasies ’n toespraak gelewer het, het die 24-jarige aktrise se vriende en aanhangers haar op Twitter gesteun.

Haar medesterre in Noah, Douglas Booth en Logan Lerman, was onder die eerstes wat die veldtog gesteun het.

“Ek is ’n passievolle ondersteuner van gelykheid tussen geslagte. @EmWatson @HeForShe @UN_Women,” het Douglas geskryf.

Logan het geskryf: “My pel @EmWatson het ’n kragtige toespraak by die VN gelewer.  http://tinyurl.com/jwftvdf Ek ondersteun gelykheid. #HeForShe.”

Chris Colfer van Glee het geskryf: “#HeForShe is ’n wonderlike veldtog om te ondersteun. Vind asseblief nog daaroor uit. Baie trots op @EmWatson!”

Emma se medester in Harry Potter Matthew Lewis het ook daaroor getwiet: “Baie trots op @EmWatson. Van die meisie met wie ek grootgeword het tot die inspirerende vrou wat sy vandag is. Ek ondersteun jou. #heforshe.”

Bron:  justjaredjr.com