Emma Bunton meen die Spice Girls gaan weer toer.

Emma (37) het in die 90’s saam met Victoria Beckham, Geri Halliwell, Mel B en Mel C in die groep Spice Girls gesing. Sy glo die 2 Become 1-sangeresse sal eendag weer saam konsert hou, veral ná hul suksesvolle vertoning by verlede jaar se Olimpiese Spele in Londen.

Sy het eksklusief aan BANG Showbiz gesê: “Ek sal graag weer so iets wil doen. Dis hoe ons is; ons werk graag saam.

“Dis moeilik omdat almal so besig is. Ek dink tog wanneer die regte geleentheid opdfuik, sal ons sê: Reg, kom ons maak ’n plan.

“Ek weet nie wanneer dit sal wees en of dit sal gebeur nie, maar ek sal graag weer saam met hulle wil werk.”

Die blondine sê die groep kom goed oor die weg omdat hulle ’n spesiale band het. Hulle sal nie vir altyd van musiek af kan wegbly nie, al lyk dit asof die modeontwerper Victoria haar van haar musiekloopbaan losgemaak het.

Emma sê: “Victoria sal altyd ’n Spice Girl wees, altyd. Sy is mal daaroor. Ons almal doen nou verskillende goed. Tog glo ek ons sal die een of ander tyd weer iets saam doen.”