Met die intrapslag in die eenmanwoonstel in Cresta, Johannesburg, sien jy dadelik die twee beeldjies op die koffietafel raak. “Dit staan hier waar niemand dit kan miskyk nie,” sê Emil Struwig trots.

Die 22-jarige sanger en liedjieskrywer het albei onlangs met ’n enkele liedjie, 1001 Soene, losgeslaan. Nie net is dit as wenliedjie in Huisgenoot se Liedjieskryfkompetisie bekroon nie; die lesers het die liedjie wat Heinz Winckler gesing het, ook as hul gunsteling aangewys.

Emil is op die onvergeetlike aand met prysgeld van R35 000 huis toe. Daarby het van ons voorste kunstenaars kom vra hy moet vir hulle liedjies skryf.

Twee van die vyf nommers wat hy ingeskryf het, het die top-10 in die kompetisie gehaal.

Sy ander inskrywing, Dis Wat Ons Harte Wil Hê, is deur die groep Romanz uitgevoer.

Leer meer oor Emil in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.