[caption id="attachment_61557" align="alignnone" width="600"]Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu vroeërjare saam met oudpres. Nelson Mandela. Foto: Argief Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu vroeërjare saam met oudpres. Nelson Mandela. Foto: Argief[/caption]
Tutu (84) se dogter, eerw. Thandeka Tutu-Gxashe het in ’n verklaring gesê haar pa sal na verwagting weer vir ’n week of twee in die hospitaal moet bly.

Thandeka het bevestig dit is vir dieselfde toestand as waarvoor die aartsbiskop in 2015 behandel is. Dit is nie bekend wat die infeksie veroorsaak nie, maar het glo niks te doen met sy prostaatkanker waarteen Tutu al sowat 20 jaar lank stry nie.

Tutu was in 2015 twee keer in drie maande in die hospitaal opgeneem. Hy is eers vir infeksie behandel en daarna vir onverwante inflammasie.

Bronne:Eyewitness News; CNN