Belofte maak skuld! Dit het die Idol-wenner Elvis Blue se orkeslede vandag uitgevind.

Elvis, wat nou op toer is met sy orkes in die Suid-Kaap, het hulself beloof dat hulle by die Bloukransbrug sal reksprong as hulle weer daar verby sou ry.

En so gesê – so gemaak.

Die groep van vyf het vanoggend by die brug, wat 216m hoog is, gestop en net daar besluit om die hoogste reksprong in die wêreld summier aan te pak.

“Dit was wild!” het Elvis vertel kort nadat hulle gespring het.

“Ek was vrekbang voor die tyd en twee ouens het kop uitgetrek, maar dit was so lekker.”

Ons is net bly jy is veilig, Elvis! So ‘n ou waaghals!

Volg Huisgenoot op Twitter.