Elton John wens hy het vroeër kinders gehad.

Die 66-jarige ster en sy eggenoot, David Furnish, het twee kinders, Zachary (3) en Elijah (ses maande). Hy sê hy is gaande daaroor om ’n pa te wees. Ten spyte van kritiek omdat hy later in sy lewe kinders gekry het, weet hy dat hy hulle al die liefde kan gee wat hulle nodig het.

Hy het gesê: “Dit was die beste besluit wat ons al geneem het. Ek wens ons het dit 20 jaar vroeër gedoen omdat ek nie meer vandag se kind is nie. Ek verstaan dat mense ons kritiseer omdat ons in ’n laat stadium kinders gekry het, maar te hel daarmee. Ons kan hierdie kinders soveel liefde gee.”

Elton besef dat sy dae as ’n betrokke pa dalk getel sal wees wanneer hy ouer is.

Tydens die seremonie waartydens die eerste Brits Icon Award vir sy bydrae tot musiek aan Elton toegeken is, het die TV-aankondiger Dermot O’Leary hom gevra: “Jy het gesê: ‘Ek wil nie 70 jaar oud wil wees met ’n tiener nie’. Wat sê jy nou?”

Elton het geantwoord: “Wel, ek sal nie 70 jaar oud wees met ’n tiener nie, ek sal 80 wees. Wanneer hulle 15 is, sal ek op ’n Stannah-traphysbak wees. Ek sal nie ’n duit omgee nie.”

Elton en David het glo sowat R250 000 aan ’n surrogaat vir die geboorte van hul eerste seun betaal. Daar word beweer dat hulle in Januarie vanjaar nog R320 000 aan dieselfde vrou vir hul tweede seun betaal het.