Die gewilde Britse sanger Elton John het R54 miljoen vir liefdadigheid ingesamel op sy partytjie waartydens gaste kon kyk na die regstreekse uitsending van die 21ste Academy Awards-prysuitdeling.

Die geld is geskenk deur bekendes wat dié jaarlikse glansgeleentheid in Los Angeles bywoon het en is ten bate van die sanger se liefdadigheidsorganisasie, die Elton John-vigsstigting. Die organisasie is in 1992 opgerig en het al R2,5 biljoen vir MIV/vigs-organisasies ingesamel.

Aerosmith se hoofsanger, Steven Tyler, het ’n week by sy vakansiehuis in Hawaii opgeveil en Elton het self R 371 760 ingesamel deur aan te bied om vyf van sy liedjies in die wenbieër se huis uit te voer.

Ander sterre wat die aand bygewoon het, was Bono van U2, Kim Kardashian en haar suster Kourtney, Miley Cyrus, Kelly Osbourne and Heidi Klum.