Elton John is veral bekend vir Rocket Man en sy huldeblyk aan Diana met Candle In The Wind.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is in Junie 2015 deur die sanger in die pad gesteek.

In Augustus van daardie selfde jaar het hy ’n regsaksie teen Elton en twee van sy maatskappye ingestel vir onbillike ontslag en seksuele diskriminasie, insluitend bewerings van seksuele wangedrag. Volgens wat berig word, het Elton in Februarie vanjaar ’n sessyferbedrag opgedok en die saak buite is buite die hof geskik. Die werknemer het daarna sy eis teruggetrek. Volgens die sanger se woordvoerder ontken Elton die bewerings ten sterkste. In die Britse koerant, The Sun on Sunday, is daar ’n verklaring geplaas wat as volg lui: “Hierdie werknemersgeding is aanhangig gemaak nadat die paaie tussen Sir Elton se maatskappy en een van sy werknemers in Junie 2015 geskei het. Die aantygings is altyd ten sterkste ontken en ons ontken dit nog steeds … Sir Elton is bly die voormalige werknemer het die eise ten volle teruggetrek en dat die saak in Februarie vanjaar geskik is.”

Besonderhede oor die saak is eers verlede Sondag deur die koerant openbaar gemaak. Elton John het sedert Desember 2015 ’n reeks aansoeke ingedien het om dit geheim te hou maar die Britse Appèlhof het die beperking op die beriggewing daarvan opgehef.

Die skikking is afgehandel slegs ’n maand voor die sanger getref is deur afsonderlike aantygings van seksuele teistering deur Jeffrey Wenninger, sy voormalige sekuriteitswag.

Hy het in Maart vanjaar ’n hofgeding aanhangig gemaak waarin hy beweer dat die 69-jarige Elton hom in 2014 betas het terwyl hy nog in sy diens was, maar Elton se prokureur, Orin Snyder, het ’n verklaring uitgereik waarin hy die bewerings ontken.

“Hierdie ongegronde hofgeding is aanhangig gemaak deur ’n ontevrede voormalige sekuriteitsbeampte, ten einde geld te kry waarvoor hy nie gewerk het nie,” het hy destyds aan Digitalspy.com gesê.

“Hierdie eise is kennelik onwaar en word weerspreek deur verskeie vorige bewerings deur dieselfde klaer. Ons gaan nie gehoor gee aan sy jongste poging om misbruik te maak van die regstelsel nie.”

© Cover Media