Die pastoor is verlede jaar op 11 April oorlede nadat haar skoonseun haar tydens ’n woordewisseling herhaaldelik met ’n mes gesteek het. Stefan het glo ’n klapmus oor sy gesig getrek en Elsabé 31 keer met ’n mes gesteek by haar familieonderneming.
Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en van moord aangekla.
Stefan het gister (19 April) skuldig gepleit op die moordklag teen hom en die staat het sy eksvrou vandag geroep om ter strafverswaring te getuig.
Leandri het aan die hof vertel die moord op haar ma het die familie finansieel en emosioneel uitmekaargeskeur. Leandri se tante, Truia Cronjé, het gesê dit was ’n emosionele dag vir Leandri.
“Afgesien van die moord het ons gesin en familie baie om te verwerk. Dit is vir ons ’n baie moeilike tyd,” het sy aan Huisgenoot.com gesê. Stefan word môre (21 April) gevonnis.