Die Suid-Afrikaanse boorling en sakeman Elon Musk is onlangs deur askmen.com as die invloedrykste man ter wêreld aangewys. Hy het met dié eerbewys stof in die oë van bekendes soos Jamie Oliver, Andy Murray, Barack Obama en Bryan Cranston (van Breaking Bad) geskop.

Maar Elon, wat ook die inspirasie vir die karakter Tony Stark in Iron Man is, het onlangs aan Business Insider erken die druk van die sakewêreld het in 2008 amper sy tol geëis.

Destyds is Elon deur ’n finansiële ineenstorting in die gesig gestaar, en hy moes kies tussen die lot van twee van sy maatskappye, Tesla Motors en Space X.

“Ek het nooit aan myself gedink as iemand wat ’n senu-ineenstorting kon kry nie,” erken Elon aan Business Insider, “maar ek het vrek naby daaraan gekom.”

Klik hier om te sien wat Elon te sê het oor die traumatiese tyd. 

Lees die artikel in die jongste uitgawe van Huisgenoot (21 November 2013) met raad en simptome van senu-ineenstortings.