• Haar CD Lights was die debuutalbum wat die vinnigste verkoop het in 2010 in Engeland. Haar vrees vir die donker het dit geïnspireer en sy slaap nog altyd met die ligte aan.
  • Ellie (27) het musiek begin skryf terwyl sy drama op universiteit geswot het. Sy het op 19 ’n studente-sangkompetisie gewen en só ’n platekontrak gekry.
  •  “Ek moet leer om dit te beheer, want dit kan soort van handuit ruk,” sê Ellie oor haar stem. “Soms kom daar goed uit wat ek nie verwag het nie.”
  • Sy draf om fiks te bly, maar sê sy is nie mal oor haar voorkoms nie. “Ek is nooit gelukkig met my gesig en hare nie. Ek het nie juis borste nie en is nie baie lank nie.”
  • Haar kêrel is die Amerikaanse elektro-ghoeroe Skrillex. Sy noem hom “die allerliefste mens op aarde”. Hy het haar per e-pos gevra om met hom uit te gaan voor hy haar nog ontmoet het en gesê hy is ’n groot aanhanger.

BRONNE: INTERVIEWMAGAZINE.COM; AMP.CBSLOCAL.COM