Ons het op Twitter en Huisgenoot se Facebookblad vir julle gevra om foto's van jul honde met ons te deel.

Sjoe, ons is oorweldig deur die wonderlike aantal nuwe vierpotige vriende wat ons bygekry het. Daar's mooi stories, daar's hartseer, daar's blydskap en natuurlik hope en hope liefde.

Op Facebook was daar darem net 'n paar gedroggies te oulik vir woorde:

[post-slider]

Ongelukkig kan ons onmoontlik almal se pragtige diertjies wys, so om af te sluit is hier so paar bekendes wat hul honde met ons gedeel het. Maar maak seker julle gaan loer op ons Twitter-rekening en veral op Facebook om al die pragtige 'kinders' te sien. Op Facebook het meer as 1000 lesers kiekies van hul dierekinders gedeel. Natuurlik het grapjas en sanger Jakkie Louw ons dag goed afgeskop hiermee:

Liezel van der Westhuizen het seker gemaak Leia kry 'n wonderlike nuwe tuiste

Desiré Gardner se oulike hond glimlag al te mooi vir die voëltjie

Terwyl Jay du Plessis se Mila veel eerder Job genoem moet word