“Dis nou as sy nie vroeër wil kom hallo sê nie,” vertel Elizma.

Sy is gereeld lus vir allerhande lekkernye, maar sy spot met haar ongebore dogter, en sê dis haar skuld. “Terwyl ek nog kan, gee ek haar maar die skuld vir al die stoute goedjies. Ek crave die gesonde goed, maar as ek koek of sjokolade crave is dit haar craving; wat gereeld is!”

[post-slider]

Elizma vertel haar ma, Elmarie, het haar goeie raad gegee. “My ma is so wonderlik en ondersteunend. Die beste raad wat sy al gegee het, is om nie na almal te luister nie en my eie instink te volg met die swangerskap en ook wanneer Eli-zé hier is. Sy hou my ook kalm as ek onnodig worry oor goed.”

Die pienkvoet gaan beslis ook na haar ma se mooi musiek kan luister, veral omdat Elizma se nuwe album op pad is. “Ek woeker nog in die ateljee; daarom hoop ons Eli-zé kom wanneer sy moet en nie vroeër nie, want ons het nog hierdie tyd nodig.”

Hulle wil die album einde Maart uitreik. “Daar is ’n liedjie op vir al die mammas wat ’n mens baie laat dink. Die liedjie se naam is Nagelaat,” verklap sy.

Eli-zé het reeds ook al ’n klomp geskenke gekry by Elizma se ooievaarstee, wat haar skoonma en skoonsus vir haar op Kuruman gereël het. “Sy het die mooiste klere, komberse, spoegdoeke met haar naam op, skoene, ’n armbandjie met haar naam op gegraveer, doeke, badprodukte en speelgoed gekry. Alles wat ons nodig gehad het, het ons nou!”

Loren Pienaar