Die 79-jarige aktrise is vandag in die Cedars-Sinai-hospitaal in Los Angeles dood.

Sy was amper ewe bekend vir haar skoonheid as haar talle huwelike (sy is agt keer getroud met sewe mans).

In haar loopbaan van ses dekades het sy in meer as 60 flieks gespeel, maar ondanks haar ongelooflike sukses in flieks soos Cleopatra en Little Women, het sy ‘n lewe vol stampe en stote gehad.

Sy het in die 1980’s teen alkoholisme gestry, en sy het nooit huweliksgeluk gevind nie.

Sy het twee Oscar’s gewen vir beste aktrise en sy was ook ‘n suksesvolle entrepeneur met haar eie parfuum- en juweliersware-reekse. Sy het baie gedoen ten bate van vigsnavorsing en om bewustheid te kweek in Hollywood oor die siekte.

In die laaste dekade het haar vriendskap met Michael Jackson baie media-aandag gekry. Sy is ook die pleegma van twee van sy kinders.

Sy word oorleef deur vier kinders en nege kleinkinders.