Die radio-omroeper Elana Afrika is getroud!

Elana en haar verloofde Ian Bredenkamp het die afgelope naweek stil-stil in Kaapstad afgehaak.

Die paartjie sou in Desember trou, maar het besluit teen ’n groot troue en het toe in ’n intieme geleentheid voor hul vriende en familie hul troubeloftes afgelê.

Hulle gaan weens werkverpligtinge eers teen die einde van die jaar hul wittebrood vier. Baie geluk julle twee!

Kyk uit vir Huisgenoot se nuwe uitgawe van 28 Februarie vir foto’s van Elana se troudag.