“Ek en Elana is verheug om aan te kondig ons verwag ons eersteling,” het Ian pas vir ons laat weet. “Ons dogter word in April volgende jaar gebore.” Hy en Elana het ook die nuus op sosiale media gedeel.

Volgens Ian gaan dit goed met Elana se swangerskap. Sy is in haar eerste trimester en is gesond en baie opgewonde, sê hy. Veels geluk, julle twee!