Wanneer die kleingoed vasgekeer begin voel tussen vier mure en nie eens plek het om ’n bal te skop nie, onthou daar is ’n vertrek wat heeldag leegstaan – die motorhuis. Met ’n paar slim speelplanne en goedkoop be^replek word dit ’n veilige speelkamer tot die motor in die aand weer ingetrek word.

Hier is ’n paar slim planne:

j

Verf die onderste deel van die agterste muur met Plascon se swartbordverf sodat die kleintjies na hartelus kan teken.

,

Skroef ’n haak of twee in die muur as hangplek vir los goed.

maak garage speelplek 010410jjjHGM048 (1).pdf - Adobe Reader

Merk ’n vlugbalbaan op die vloer uit met kleefband en gebruik opblaaspale en ’n net (beskikbaar by groot supermarkte se swembadafdeling vir minder as R100).

Maak ’n hangmat uit 21/2 meter skadunet (sowat R12,95 per meter by ysterwarewinkels en kwekerye) en 2 meter rektou. Hang dit aan die plafon en gebruik dit as pakplek. Omdat die tou rekbaar is, is dit maklik om die hangmat af te trek, vol te pak en boontoe te laat skiet.

Die groot sokkerballe wat langs die paaie verkoop word, is ideale sitplek. Dit leer sommer die kinders regop sit omdat hulle op die bal moet balanseer.

Pak dit weg

lmaak garage speelplek 01041m0HGM048 (2).pdf - Adobe Reader

Kinders moet geleer word om elke dag hul speelgoed weg te pak – en die motorbestuurder moet seker maak dis gedoen voor die motor gebe^re word. Kry ’n stewige be^resak, maak dit vol, rits dit toe, en weg is die chaos!

Vullisblikke met vasgehegte deksels en handvatsels kan ook maklik rondgedra word. Bont emmers is ook ideaal vir kleiner speelgoed soos Lego en albasters.

- Annemarie Meintjes van Visi

- Foto’s: Dino Codevilla