[caption id="attachment_128905" align="alignnone" width="600"]Foto's: Verskaf Foto's: Verskaf[/caption]

Die egpaar se tweede kind, Daniel Luke Voigt, is gister met behulp van ’n keisersnee gebore. “Hy het by geboorte 3,8 kg geweeg en is 55 cm lank,” vertel die trotse pa.

Dit gaan baie goed met ma en seun. “Hulle eet en slaap albei baie goed. Martelize het ’n bietjie pyn, maar sy is dapper en dit gaan goed met haar.”

Die Voigts het reeds ’n vierjarige dogter, Mijean. Dié sien verskriklik uit daarna om haar boetie te sien, vertel haar pa.

“Sy gaan hom vanmiddag ontmoet en kan nie wag nie. Sy gesels al maande lank met hom in Mamma se maag. Sy het al vir hom geskenkies toegedraai en klaar die nuwe huisreëls opgestel vir wanneer Boeta in die huis is. Sy hou nie van die ‘ou’ deel nie; sy sê sy is net sy nuwe sussie.”

Te kostelik!

Dieter en Martelize, ’n voormalige Idols-finalis, het klein Daniel se naam saam gekies. “Hy is nie na iemand spesifieks genoem nie, net Daniël en Lukas in die Bybel,” sê Dieter. En hoe voel hy oor die feit dat hy nou ’n pa van twee is?

“Opgewonde,” laat hy hoor. “Dis nog ’n bietjie onwerklik, maar ek is baie trots. Daniel het met sy eie tassie vol liefde hier aangekom, so ek verstaan nou dat ’n mens vir albei jou kinders ewe lief kan wees.”

Veels geluk, julle twee!

Lees ook op Huisgenoot.com:

Pasella-aanbieder Dieter Voigt verloor sy “held”

Hartebreker Dieter Voigt gaan trou