Sedert Nicola Pienaar op 5 Januarie verdwyn het, het haar ma onverpoos bly hoop op ’n wonderwerk – dat haar dogter wel lewend gevind sal word.

Maar helaas. Maandag het die skokkende nuus gebreek dat Nicola se lyk in ’n vlak graf in die Paarl gevind is.

Volgens berigte is Nicola se lyk Sondagaand omstreeks elfuur gevind.

[caption id="attachment_156437" align="aligncenter" width="600"]Foto: Misha Jordaan (Huisgenoot) Die vlak graf onder die boom is waar Nicola se lyk gevind is. Foto: Misha Jordaan (Huisgenoot)[/caption]

Die Paarl-polisie het Maandag bevestig Nicola se lyk is op die erf van hul hoofverdagte se huis in die Paarl gevind, maar wou nie bevestig of Nicola se vriend, Jacobus Johannes Oosthuizen (32), die verdagte is nie. [caption id="attachment_156457" align="aligncenter" width="600"]Jaco Oosthuizen het die polisie Sondagaand na die vlak graf geneem. Foto: Misha Jordaan (Huisgenoot) Jaco Oosthuizen het die polisie Sondagaand na die vlak graf geneem. Foto: Misha Jordaan (Huisgenoot)[/caption]

Nicola se gebroke ma, Marlaine Pienaar-Vice, het aan HeraldLive gesê daar is nie veel meer om te sê nie. "Ek wil net weet hoekom hy (na bewering) dit gedoen het. Hy moet my nou vertel," het sy gesê.

Marlaine het genoem dat sy "stomp" voel omdat sy ’n kalmeermiddel gebruik het.

"Ek wag nou vir die polisie om my te kom sien."

Op dieselfde Facebook-blad word daar ook beweer dat Nicola swanger was met Jaco se kind.

[caption id="attachment_156446" align="aligncenter" width="600"]Skermgreep: Facebook Skermgreep: Facebook[/caption]

Jaco is op 21 Januarie in Port Elizabeth in hegtenis geneem. Hy was in besit van Marlaine se Peugeot 206 wat intussen as gesteel aangegee is. Ná sy laaste verskyning in die hof in Port Elizabeth op 27 Januarie is die saak uitgestel tot 2 Februarie en na die Paarl verskuif.

Bykomende bron: heraldlive.co.za