Soos altyd wanneer die sanger en liriekskrywer Sean Else ‘n musiekvideo maak, gee die video van 34° Suid se "Staan Vas" jou hoendervleis. En Huisgenoot bring dit eksklusief vir julle.

Sean en Ampie Du Preez is die lede van die groep.

“Ons het saam geskryf aan die liedjies vir ons eerste album en dit is musiek waarvan ons self hou. Maar dit gaan nie net oor die musiek nie, dit gaan ook daaroor om ‘n boodskap uit te dra,” vertel Sean.

Die boodskap van "Staan Vas" is dat almal in Suid-Afrika oor al die kleur- en kultuurgrense heen, saam gebuk gaan onder misdaad.

“As ons ophou om te glo dat net Afrikaners geraak word, kan ons almal saam baie makliker die regering oortuig om in te gryp. En so kan ons hulle ook oortuig om iets te doen aan plaasmoorde,” meen Sean.

Volg Huisgenoot op Twitter.