Dit het sy glo etlike ure voor haar dood in WhatsApp-boodskappe aan haar vriendin Eloise le Roux geskryf.

Uit die boodskappe wat sy glo tussen 19:15 en 20:43 gestuur het aan Eloise, die vrou van die skoolhoof aan die Laerskool Paarl Gimnasium, lyk dit of sy kwaad geword het wanneer Eloise nie gou genoeg gereageer het nie.

Sunita, ’n onderwyseres aan die Laerskool Paarl Gimnasium, en haar man, Jacques, het in die vroeë oggendure van 10 Mei in hul huis buite Wellington doodgebrand. Die brand het in die huis ontstaan.

Die laaste boodskappe wat Sunita aan Eloise gestuur het.


Kort ná hul dood is beweer Eloise se man, Danie, het ’n verhouding met Sunita gehad. Hy ontken dit volstrek.

Ek het nie ’n obsessie met Sunita gehad nie. En ek was nog minder verlief op haar.

Drie weke ná die egpaar se dood het briewe die ronde begin doen waarin Sunita en Eloise aan mekaar geskryf het hoe lief hulle vir mekaar is en hoeveel hulle mekaar waardeer.

Eloise hou vol sy en Sunita was net goeie vriendinne. “Ek praat so met al my vriendinne,’ sê sy. “Ons was soos sussies.”

Sy beklemtoon ook: “Ek het nie ’n obsessie met Sunita gehad nie. En ek was nog minder verlief op haar.”

As iemand ’n “obsessie” gehad het, was dit beslis nie sy of haar man, Danie, nie, sê sy.

Sunita het na bewering heelwat medikasie geneem, onder meer anti-depressante, pille teen angs en slaappille. Sy en Jacques het glo huweliksprobleme gehad. Eloise sê Sunita het kort voor haar dood hierdie WhatsApp-boodskap aan haar gestuur.

Elke keer dat ek op die toneel was, was ek saam met Sunita se ma of die polisie.

Oor die gerugte dat Eloise verskeie kere by die Van Dyks se afgebrande huis was en Sunita se skootrekenaar en selfoon van die toneel verwyder het, sê sy: “Dit is alles onwaar. Elke keer dat ek op die toneel was, was ek saam met Sunita se ma of die polisie.

“Die polisie het Sunita en Jacques se ringe vir my in ’n sakkie gegee om vir Sunita se ma te gee, wat langs my gestaan het. Dis presies wat ek gedoen het.

“Haar ma was daardie dag heeltemal te ontsteld waar sy voor haar kind se afgebrande huis gestaan het en hul lyke pas verwyder is,” het sy aan Huisgenoot gesê.

Sunita en haar man, Jacques, het in die vroeë oggendure van 10 Mei in hul huis buite Wellington doodgebrand

“Verder het Sunita net ’n skootrekenaar gehad wat aan die skool behoort. Daardie rekenaar is nog altyd by die skool.”

 Save