Hy was hul wonderkind wat soveel lewens geraak het, en sy skielike dood nadat sy voet gegly en hy oor ’n afgrond by die Ou Hawe op Hermanus geval het, is vir sy ouers die seerste seer.

“Maar as ek alles weer moes doen, al het ek geweet wat gaan gebeur, dan sou ek,” sê Kieran Schultz (14) se akteur-pa, Waldemar.

By hul huis op Somerset-Wes, waar die blommegeur van ruikers van medelye in die lug hang en kerse flikker, praat hy en sy vrou, die aktrise Ira Blanckenberg, vir die eerste keer openhartig oor die tragedie wat hul gesin getref het en hoe dit hul wêreld kop onderstebo gekeer het.

Lees hul roerende onderhoud met Huisgenoot-joernalis Pieter van Zyl in Huisgenoot 29 Augustus 2013