In 20 lang, uitmergelende maande in die kloue van Somaliese seerowers het Debbie Calitz so dikwels gewonder of sy haar kinders ooit weer sou sien.

Net die hoop op ’n vreugdevolle herontmoeting het die 49-jarige ma en ouma deur die donker dae gedra.

Enkele dae nadat sy en haar lewensmaat, Bruno Pelizzari (53), in Somalië bevry is, breek die blye dag tog aan.

Huisgenoot het saam het Debbie se twee jongste kinders, Jason (23) en Kerri-Ann (21) Cross van Pretoria, na Rome gevlieg vir die herontmoeting.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.