Dit is wat Hugo Ludik, stigterslid van die groep Adam, een aand gedink het. En so het die liedjie Dis Al Wat Ek Het ontstaan.
En toe wil die drie mans by hul ondersteuners weet: Wat is jou idee van die liefde?

Hulle het ’n kompetisie bekendgestel waarin deelnemers ’n kort videogreep moes maak. Twee wenners sou dan ’n Saterdag saam met die groep op ’n wildplaas en spa deurbring.

Die deelnemers moes nogal moeite doen om te kwalifiseer

Met die sluitingsdatum vroeër vandeesweek kan Huisgenoot.com nou die wenners eksklusief aankondig. Hulle is: Roelien Pienaar van Benoni en Rebekah Farrer van Edenvale.

Haar kop is nou so deurmekaar, sy kan nie behoorlik dink wat om te sê nie, “maar wag, laat ek net eers gou die musiek afsit!”

Dit is hoe Roelien (22) van Benoni deurmekaar gebabbel het toe sy telefonies die nuus kry. Die tweede wenner is die 18-jarige Rebekah, ’n matriekleerder aan die Holy Rosary Skool op Edenvale.

Drukkies is belangrik in die lewe om aan mekaar te wys hoe hulle oor mekaar voel

Die deelnemers moes nogal moeite doen om te kwalifiseer, verduidelik Kyle Grant, een van die groep se lede. Hulle moes ’n kort videogreep verfilm wat wys wat hul idee is van “om liefde te bewys”, terwyl Adam se liedjie Dis Al Wat Ek Het op die agtergrond speel.

Roelien se video

Roelien se video wys hoe haar vriend, Morné van der Sandt, in ’n restaurant sit en na ’n foto van haar op sy selfoon staar. Dan kom sy ingestap, sy gesig verhelder en die twee gee mekaar ’n stywe drukkie.

“Drukkies is belangrik in die lewe om aan mekaar te wys hoe hulle oor mekaar voel,” verduidelik sy.

Rebekah se video

Haar videogreep wys hoe sy vir iemand kos berei. “Ek hou van kosmaak, wat ook my idee is om aan iemand te wys hoeveel ek vir daardie mens omgee.”

Roelien en Rebekah vertel wanneer hulle as deel van hul wenprys ’n dag saam met die groep by die Askari Lodge, wes van Johannesburg, gaan deurbring, daar sommer baie gesels gaan word.

Roelien, wat saam met haar ma ’n koekbak-onderneming aan die Oos-Rand bedryf, sê sy sal die drie mans oortuig dat hulle by haar ’n troukoek moet bestel vir hul troudag.

En Rebekah, ’n ywerige leser, sal dadelik by hulle wil weet watter boek elkeen tans lees.

Adam se liedjie Dis Al Wat Ek Het, wat die agtergrond van die video-inskrywings was, kom van hul jongste album, Hoogtevrees, wat verlede maand ook ’n Sama-prys in die kategorie vir beste pop-album gewen het.