‘n Hele paar nuwe kalfies word in 2012 in die Blou Bul-kraal gebore.

Die nuutste paartjie wat uitgevind het dat hulle ‘n baba verwag is Morné Steyn en sy vrou, Christelle.

Sy is tans 7 weke swanger, maar hulle het eers twee weke gelede daarvan uitgevind.

"Ons het beplan dat ek net ná vanjaar se Wêreldbeker swanger raak. Maar ‘n mens lees deesdae so baie hoe moeilik dit is om swanger te raak en ons was eintlik verras toe ons nou al uitvind dat ons eersteling oppad is,” het Christelle gesê.

Die geslag van die baba is nog onbekend.

Volg Huisgenoot op Twitter.