Toe hy haar twee jaar gelede ontmoet, nogal op sy verjaardag, het hy vas geglo sy is sy presentjie van Bo.

Toe stap hy haar met so ’n koel Denzel Washingtonstappie tegemoet, grinnikTheodore Jantjies (29), oftewel Xander in 7de Laan.

“Koel, jong, koel, nes daai Amerikaanse akteur. Jy’t daai dag nog so ’n kleefbroekie aangehad, nè, Baby?” sê hy vir Sheree-Lee Gildenhuys (21), ’n model en skoonheidskoningin wat duidelik sy hart gesteel het.

Die akteur wat vroeër skaars ’n woord oor sy liefdeslewe wou rep, kan nou nie uitgepraat raak oor sy meisie nie.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.