Elke jaar bly die vraag dieselfde: Gaan daar modes wees wat mense laat praat, vir watter rede ookal? Huisgenoot het by die bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper en skrywer van The Style Bible gaan aanklop vir sy mening.

“Ek vra by voorbaat verskoning dat ek nie baie respek het vir hoe swak Suid-Afrikaanse pomp and circumstance vertoon wanneer dit by rooitapytgebeure kom nie.– Simon Rademan, Suid-Afrikaanse modeontwerper en skrywer van The Style Bible.

Toe Sophia Loren gesê het “A woman’s dress should be like a barbed-wire fence: serving its purpose without obstructing the view”, het sy dalk aan Sona 2016 gedink.

Tussen die vieslike doringdraad, traangas en waterkanonne met gepantserde polisiemanne as erewag deur het ons SA politici die baie smal rooi tapyt beklee en betree.

Lees ook: Die beste en slegste uitrustings by vanjaar se SAG-prysaand

Die aanvanklike oe’s en aa’s rondom adv. Thuli Madonsela se geel rok het vinnig verdwyn toe mense begin onthou het dat dit reeds voorheen gedoen is – verlede jaar deur Bonang Matheba by ’n openbare geleentheid. En soveel geel werk eintlik net aan iemand soos die internasionale sangeres Rihanna.

Adv. Madonsela het pragtig gelyk in geel, maar dis belangrik dat kant spaarsamig en op die regte plekke gebruik word (en nie verrek is by die polse nie).

Hiervandaan verder is soveel van verlede jaar se modes steeds gesien, met kant in oorvloed en van die styfste rokke wat die verkeerdste kurwes wys. Daar was vanjaar ook min tradisionele drag.

Mandla Mandela se metgesel, Nodiyala Mbali Makhathini, het soos altyd geskitter met waardigheid en egte styl, terwyl Madiba se kleinseun soos die sirkusmeester gelyk het met ’n manelbaadjie bo-oor ’n tradisionele rok in bruin-vs.-bruin-vs.-bruin kombinasies.

Die minister van omgewingsake, Edna Molewa, se rok-bostuk was te styf met die mooiste kleur van die aand (sagte seegroenblou), maar die verkeerdste nek-“versiersel”.

Minister Lindiwe Sisulu en haar dogter het die land goed verteenwoordig met tradisionele landsvlagkleure, maar met baie slim kralewerk wat stylvol gedrapeer is.

Verskeie vroue was elegant maar baie onoorspronklik met wat ons in die bedryf “halwe rokke” noem: ’n rip-off van “deurskynende” internasionale modegiere waaroor selfs Beyoncé, Rihana en Jennifer Lopez sou wonder.

Hoewel die groter gros van gaste kleurryk probeer wees het, was van die speaker tot die deputee prez en van pres. Zuma se vroue geklee in “nie-kleure” soos selfs silwergrys.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

Meer oor daardie piepklein sakkie aan jou jeans

Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar