[caption id="attachment_134908" align="alignnone" width="600"]Tronkfoto ter illustrasie: Wikimedia Tronkfoto ter illustrasie: Wikimedia[/caption]

So beweer die man wat gisteraand saam met die Sotheby's-grootbaas in die polisieselle op Stellenbosch aangehou is. Jason is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem en na die Wes-Kaap gebring.

Hy moes gisteraand in die selle oornag vir sy borgtogaansoek vandag. Dit is tot môre uitgestel.

"Hy het baie hartseer gelyk en gesê hy is vir beweerde moord in hegtenis geneem," het die jong man vertel wat saam met Jason en een ander mens aangehou is. Hy het gesê Jason was baie aangenaam en het Engels met 'n bietjie Afrikaans tussendeur gepraat.

"Ons wou nie uitvra oor sy vrou nie, maar hy het gesê hy mis sy drie dogters en is bekommerd oor hulle."

Sy kinders is glo nog in Johannesburg. Jason het glo kos en sigarette by hom gehad en dit met sy selmaats gedeel.

Sy aansoek om borgtog word môre om 11:30 op Stellenbosch hervat.