Suid-Afrika se voormalige Idols-wenner, Jason Hartman, en die manne van Romanz is almal pas terug uit Monaco waar hulle ons land se naam hoog gaan hou het by die koninklike troue.

Hulle het vir ons 'n paar foto's uit hul albums gestuur om te wys hoe lekker hulle daar gekuier het.

Jason vertel hy en sy orkes is selfs genooi om saam met prins Albert en prinses Charlene op hul private landgoed Roc Agel, net buite die klein prinsdom, te gaan braai. "Sy is mos 'n aktiewe meisie, so ons het lekker tennis gespeel en geswem. Dit was so ontspanne."

[gallery link="file" order="DESC"]