Pienk of blou? Rolene Strauss het ons behoorlik aan die wonder gehad oor die geslag van haar eersteling. Maar Huisgenoot kan vandag eksklusief verklap dat dié voormalige Mej. Wêreld ’n seuntjie verwag. En Rolene en haar man die sakeman, D’Niel Strauss, tel nou die slapies tot hul babatjie sy opwagting maak. Die egpaar, wat in Februarie getroud is, het sowat vier maande gelede die goeie nuus met Huisgenootlesers gedeel.

Rolene is egter nog besig om medies aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. So sy gaan haar hande vol hê in 2017. Die skoonheidskonigin het vroeër vanjaar aan Huisgenoot gesê dat hul huishulp Maria Mashinini, wat al 23 jaar vir Rolene se ouers op Volksrust werk, vir die jaar by haar gaan bly om haar met die baba te help. Haar ma, Theresa Strauss, gaan ook dikwels kom hand bysit.
Rolene het die afgelope paar maande dikwels foto’s van haar groeiende babamagie in die sosiale media gedeel. Sy het haar aanhangers ook aan die raai gehou oor die baba se geslag met die dat sy dikwels blou én pienk uitrustings gedra het.

Can't believe what one night's good rest can do... Feel like a new person! ? #BeautySleep #WhileIStillCan

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Dit is nog nie bekend wat die kleinding, wat glo een van die dae gebore gaan word, se naam gaan wees nie. Maar Rolene het in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot gesê: “As dit ’n seun is, gaan dit ’n naam van D’Niel se kant van die familie wees.”

Nou wag ons net in spanning vir die spruit om sy opwagting te maak.