Die talentvolle Refentse het boonop vanjaar uitgeblink met die meeste Ghoema-toekennings.

Die laaste snit op sy tweede album (Deur My Venster) is deur een van sy gunsteling-kunstenaars geskryf. Dit is Breyten se Brief, die pennevrug van Jan Blohm.

“Refentse is 'n baie groot aanhanger van Jan Blohm,” het Tania Fourie, bemarkingsbestuurder van Refentse Vrydagoggend aan Huisgenoot.com vertel.

“Die video is ook in die bekende kunstenaar, Pieter van der Westhuizen se huis geskiet. Op die agtergrond van die video kan die kunstenaar se werke gesien word,” vertel Tania.

Deur My Venster bevat ook ’n duet saam met die legendariese Laurika Rauch waar hulle die bekende Stuur Groete Aan Mannetjies Roux sing.

Karen Zoid se Engel word ook pragtig deur Refentse vertolk. Sprokies vir ’n Stadskind en Breyten se Brief is ook op die album.