Ray Dylan (32) was nog nooit skaam oor sy soms stormagtige liefdeslewe nie. Nog minder oor sy bloedjong verloofde, Jeanine Victor (19), of sy liefdeskind uit ’n vorige verhouding nie.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (30 Junie 2011) gesels Ray sonder om te skroom oor die feit dat sy tweede kind op pad is.

Ray en Jeanine sien baie uit na dié bondeltjie vreugde wat binnekort deel van hulle lewens sal wees en wil niks vir die aanhangers weegsteek nie.

In ‘n eksklusiewe Huisgenoot-onderhoud gesels Ray prontuit oor die skok en opwinding wat saam met die nuus gekom het.

“Dis nie asof ons dit beplan het nie,” laat hy doodeerlik hoor oor die oproep wat hy net meer as drie weke gelede van Jeanine gekry het.

Lees meer in die Huisgenoot van 30 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.