En toe die Blou Bul-rugbyspeler Jacques Potgieter (30) die aktrise Angelique Gerber (33) ontmoet, het hy geweet: “Dis die ma van my kinders,” het hy verlede jaar in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê.

Eendag terwyl sy – nog enkellopend – in haar studeerkamer Bybelstudie gedoen het, het Angelique Jacques in ’n visioen gesien: In ’n veld saam met hul kinders en weer hoe sy op haar troudag in die kerk se paadjie na hom toe afstap.

Min het sy toe geweet die donkerkopman met die breë skouers is Jacques Potgieter en dat sy hom kort hierna soos ’n moderne sprokie op Facebook sou teëkom.

Verlede maand het een van haar visioene ’n werklikheid geword toe sy in die kerkpaadjie afstap om ewige trou aan haar reusedonkerkopman te beloof. Lees ook: Angelique Gerber vertel hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees En die goeie nuus hou nie op nie.

Thank you lord for this special gift that you gave me! @angeliquegerber83 # 11days #mspotgieter

A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

“Dit is met groot vreugde dat ons aankondig ons eersteling is op pad,” het Angelique heel eerste aan Huisgenoot gesê. “Ons is baie opgewonde om hierdie geseënde nuus eerste met die getroue Huisgenoot-lesers te deel, veral met hul steun van die eerste dag van ons verhouding af. “Soos enige nuwe ouers is ons opgewonde tog bang, maar sien uit om ’n nuwe les in ons lewe te leer: die les van onvoorwaardelike liefde.” Toe die paartjie vroeg verlede maand op die Eureka-wynlandgoed in Durbanville trou, het Angelique gesê: “Dis al baie lank een van my grootste begeertes om Jacques ’n kind te gee.”

In nog ’n onderhoud vroeër vanjaar het sy gesê hulle sien baie daarna uit om met ’n gesin te begin. Ons is saam met hulle baie bly oor die klein Potgietertjie wat op pad is!