Die blonde nuusmaker is honderde kilometers ver, maar waar haar ma, pa en kleinboet op Margate se strand baljaar, is sy teenwoordig in alles.

Ma Anicè Kruger dra ’n helderpienk baaibroek, haar en Pippie se gunsteling-kleur.

Haar nuwe neonpienk haarstrepe ruik nog na haarsalon.

Pienk letters basuin op pa Erwin se kakiekleurige Toyota Cruiser die Pippie-geldinsamelingsveldtog uit vir die dapper meisie wat die land se verbeelding aangegryp het nadat sy brandwonde op die grootste deel van haar lyfie opgedoen het.

“Ek mis Pippie verskriklik,” sê Anicè (27) met die intrapslag.

Lees meer in die nuutste uitgawe.