Hy was een van die sterre van vanjaar se Superrugby, die Stormers se towerslot Andries Bekker, op 26 klaar ’n nasionale rugbyheld en bekend as die reus met die sagte hart, ’n opregte vriend en ’n man met die mooiste maniere.

By die huis is hy liefdevol en ’n staatmaker virPioni (26), sy tienerliefde met wie hy twee jaar gelede getroud is.

Hul lewe is ’n sprokie wat nie einde ken nie... en dan bars die bom.

’n Bewonderaar herken hom dadelik toe hy met sy rooi Chevrolet Camaro stilhou by ’n parkie in Plattekloof, ’n voorstad noord van Kaapstad.

’n Blou Corsa stop kort op sy hakke. Hy klim uit. ’n Klein donkerkopmeisie met lang stewels en ’n eina rompie klim uit die Corsa en val in sy arms. Die mooi uitsig op Tafelberg en die pragtige blomme om hulle is duidelik nie die rede vir hul besoek aan die park nie.

Sy maak haar gordel los en pluk haar hempie by haar romp uit.

Die vrou wat hulle dophou, staan verbluf van ongeloof. Tog net nie hy nie, haar held wat sy so dikwels in die  winkelsentrum daar naby sien, “wat so dierbaar lyk, jou so mooi in die gesig kan kyk met daardie opregte oë...

“Dis nou die man wat op televisie sulke mooi dinge van sy vrou sê, en hier laat hy hom skoon oorval deur so ’n orige meisiekind wat tussen sy bene gaan staan om met hom te kafoefel!’’

Maar haar oë het haar toe nie bedrieg nie. Die volgende dag speel dieselfde ritueel weer daar voor haar huis af, en  dag ná dag deur reën en wind sien sy hoe die stomende passie onkeerbaar op haar drumpel voortwoed.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die Huisgenoot van 10 Junie 2010