Die twee verliefdes sal in 2016 hul troubeloftes aflê, nadat Rolene haar jaar as Mej. Wêreld voltooi het. Albei families is verheug en kan nie wag vir die spesiale liefdesviering nie.

Die Mej. Wêreld-organisasie is eweneens net so opgewonde vir die paartjie.

Die toonaangewende trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van The Aleit Group, sal die troudag koördineer.

Rolene se ring is, met haar leiding, ontwerp en gemaak deur Jack Friedman Juweliers.

Sy het die maak van haar trourok toevertrou aan haar vriend en wêreldbekende SA ontwerper Casper Bosman.

Intussen wy Rolene al haar aandag aan haar wêreldreise en verpligtinge as heersende Mej. Wêreld.