Hulle is destyds stil-stil getroud, want hulle het geweet as die nuus uitlek dat Rudi Claase van Ons Lieflinge-faam se eie liefling 'n man is, kan dit die einde van sy en Corlea Botha se suskesvolle sangvennootskap beteken.

Nou, na´ drie jaar, is hul huwelik op die rotse. “Ons het dwelms gebruik en dit het ons huwelik gekelder,” erken Stephen Stewart (30), Rudi se vervreemde man, in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot.

Saam het hulle hul toevlug tot die dwelmmiddel cat geneem, vertel hy nadat gerugte oor dwelm-orgies en duur seks in hul spoghuis op die Mooikloof-landgoed in Pretoria- Oos maande lank die ronde gedoen het.

Lees Suzanne Venter se eksklusiewe onderhoud in Huisgenoot 18 Julie 2013.