Hulle het gedink dis ’n miskraam toe haar ma op 22 weke in haar swangerskap aan die bloei gaan. Maar toe sien die suster beweging in die fetus . . .

En nou maak haar ouers reg vir die eerste verjaardag van die baba wat die hele land en selfs medici wêreldwyd aan die praat gehad het.

Haar vel was destyds so dun soos ’n sneesdoekie en sy het gebloei wanneer jy net aan haar raak. Haar dokter moes toe daardie nag van 29 Julie vinnig dink.

Om haar te beskerm het hy haar dadelik in ’n toebroodjiesakkie gesit en ’n spesiale broeikas uit Johannesburg laat kom.

Lees Carol Coetzee se artikel in Huisgenoot 26 Julie 2012 oor die enorme mylpale wat die afgelope jaar deur hierdie klein mensie bereik is.

Volg Huisgenoot op Twitter.