Hy is nog te klein om te weet sy rooi krulle is aan die uitval en sy lyfie maerder van al die afgelope tyd se naar word.

Waar hy in sy hospitaalbed met sy teddiebere sit en speel, is Mark Scott se wange weer rosig, hy glimlag breed en sy bekommerde ouers het nuwe hoop.

“Vandag is ’n goeie dag,” sê sy ma, Sarah-Kate, en glimlag.

Haar 16 maande oue seuntjie kon weer ’n bietjie eet. Pa Darren stem saam: “Ek het Mark maande laas so gelukkig gesien.”