[caption id="attachment_121257" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Net toe kykers begin dink Errol het nou eindelik liefde gevind met die speelse Stellenbosse nooi Tarryn, blyk dit asof dié liefde óf tragies gaan eindig óf die tweetjies saam gaan wegloop na ’n ongerepte eiland.

’n Mens kan net bespiegel, want Christo wil nie ’n woord rep oor wat met Errol gaan gebeur nie.

“Ons sal maar moet kyk wat gebeur, maar daar is beslis liefde in die vooruitsig,” sê Christo.

Hoewel kykers nog onseker is oor wat die toekoms vir die geliefde Errol inhou, gaan Christo steeds sy talent inspan op die stel van 7de Laan wanneer hy eersdaags aan die vervaardigingskant begin werk.

“Ek het grootgeword in die bedryf; my nuwe werk gaan my ander passies bevredig. Ek het nie net ’n groot passie vir toneelspel nie, maar ook vir agter die skerms werk.”

Christo is deesdae ’n regisseur van die sepie.

Lees ook: Charmaine en Errol van die Laan: ‘Wat jy insit, gaan jy uitkry’

“Die 7de Laan-span is baie ondersteunend. Ek sien uit na die uitdagings wat voorlê.”

Dit is nog nie duidelik wanneer Errol Hillside gaan verlaat nie.

“Errol se storie begin nou eers ontvou; kykers kan uitsien na nog baie intrige en drama,” sê Rosa-Mari Erasmus, die sepie se woordvoerder.

Christo is natuurlik nie ’n vreemdeling as dit by die regisseurstoel kom nie.

 

Hy was ook die regisseur vir Platform 9 met 7de Laan-kollega Theodore Jantjies en Maurice Paige (Isidingo se Calvin)

 

Christo het ook sy merk as ernstige akteur op die planke gelaat.

 

En natuurlik was Huisgenoot daar toe Christo en Cindy die groot stap geneem het!

Lees ook op Huisgenoot.com:

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool