Sy is nie swanger nie en nog minder ’n dwelmslaaf. Sy’s ook nie ’n transvestiet nie, ly aan geen gevreesde siekte nie en haar gesin gaan nie onder allerlei probleme gebuk nie. En nee, daar’s geen naakfoto’s van haar wat enige oomblik êrens kan opduik nie . . .

Nou onthul sy vir die eerste keer in ’n onderhoud met Huisgenoot die ware redes agter haar opspraakwekkende besluit.

By ’n gastehuis in Durban in die naweek van die Durban July-perdewedrenbyeenkoms vertel sy eers hoe geskok sy is oor die reaksie op die aankondiging dat haar eerste prinses, Remona Moodley, haar plek by die Mej. Wêreld-kompetisie gaan inneem.

“Dit was glad nie wat ek verwag het nie en ek het nie besef hoe gemeen dit sal word nie. Dit was regtig ’n weldeurdagte besluit. Daar is niks duisters aan die gang nie. Dit was ’n suiwer sakebesluit. Dit is ’n loopbaankeuse."

Lees die volledige onderhoud met Gilda Narsimdas in Huisgenoot 19 Julie 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.