Mense moet weet daar is regte mense wat deur al die grappies seergemaak word, sê Margaret van Wyk, die ma van drie van Schweizer-Reneke wat per ongeluk ’n foto van haar geslagsdeel na ’n WhatsApp-groep van die skool se hokkie-ouers gestuur het.

[caption id="attachment_122146" align="alignnone" width="600"]Foto: flickr.com (Sam Azgor) Foto: flickr.com (Sam Azgor)
[/caption]

Sy het ’n eksklusiewe onderhoud aan Huisgenoot-tydskrif toegestaan.

“As ’n mens nog nie self daardeur is nie, sal jy nie weet nie. Wanneer my foon lui of ’n boodskap deurkom, weet ek nie wat om te verwag nie,” vertel sy onder meer in die onderhoud.

Lees ook: Kan ek ’n WhatsApp-boodskap uitvee NADAT ek dit gestuur het?

“Brandmerk my, want julle het reeds. Julle het my geoordeel, gestenig en gekruisig. Dis reg. Ek gee nie om nie. Maar my gesin, my kinders en my man, verdien dit nie.”

En dan breek die damwal. Die dapper en selfversekerde vrou begin huil . . .

Lees die volledige artikel in Huisgenoot wat vanaf Vrydag, 2 September (die uitgawe van 8 September 2016), op die rakke is.