Daar was ’n tyd dat modefotosessies, modelwerk en Alys-partytjies Cindy Nell-Roberts se lewe  oorheers het, maar vir eers het ’n klein mannetjie dit alles op die agtergrond geskuif.

In die Huisgenoot van 18 Augustus 2011 bederf ons lesers met vier bladsye vol eksklusiewe foto’s van Cindy Nell-Roberts se eersteling, Ethan.

Dié knapie is reeds 11 weke oud en ’n skattige blouoog-donkerkoppie. Hy is ook al klaar ’n modieuse meneertjie, van kop tot tone in Tommy Hilfiger uitgevat. En hoe anders dan, met so ’n stylvolle ma soos Cindy?

Cindy praat oor Ethan se geboorte en deel wenke wat elke nuwe mamma sal help met die koms van ‘n eersteling.

“Hy het by geboorte al soos ’n kleuter gelyk,” sê Cindy. “En kyk nou hoe lyk hy: Hy’s maar 11 weke oud en klaar so lank!”

Klik hier vir nóg foto’s. 

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.