Sy was die glansryke sokkerwederhelf bekend vir haar ontwerperskeppings en peperduur Jimmy Choo-skoene.

Maar in haar spoghuis in Pretoria was Loui Fish diep ongelukkig, en op ’n dag het sy besluit om oor al die dinge in haar hart te skryf.

Sy wou haar gevoelens oor haar man se ontrou verwoord en dit vir hom gee om te lees. Maar toe word dit die eerste hoofstukke van ’n pynlik eerlike boek oor haar lewe.

En die voormalige sokkerster Mark Fish, deesdae haar eks, sal dit eers sien wanneer dit binnekort verskyn.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg ons op Pinterest.