Shaleen Surtie-Richards verklap sy was uitgeknip vir dié rol en meen dis uitstekend geskryf. Die fliek vertel die verhaal van Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ’n bekende Kaapse sielkundige met ’n siniese lewensbeskouing. Sy geniet ’n lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers), maar word eindelik gedwing om haar integriteit te bevraagteken en ook haar bereidwilligheid om opofferings te doen vir die mense wat sy liefhet.

Shaleen vertel sy was vreeslik opgewonde om die rol van Fy te aanvaar omdat dit ’n geleentheid was om weer saam met Marius en Sandra te werk. Sy skerts wel en sê sy is g’n huishoudster nie; dus moes sy skoon van vooraf leer stofsuig.

Hier verklap Shaleen ’n bietjie meer oor haar rol in Twee Grade van Moord:

Dié fliek draai van 22 Julie af in rolprentteaters.