Nes ousus Kyrah, wie se Bybelse naam “edele dame” beteken, het haar kleinboet nou ook ’n eiesoortige naam: Kade!

Kurt vertel baba Kade is ’n maatjie vir die eenjarige Kyrah, daarom is dit heel gepas dat sy naam “ware vriend en maat” beteken. Dunay het Dinsdagoggend in ’n Kaapstadse hospitaal die lewe geskenk aan hul seun en sal nog tot Vrydag daar bly.

Klein Kade het by geboorte 3.58 kg geweeg.

“Dit gaan baie goed met Dunay,” vertel ’n baie gelukkige Kurt vanuit die hospitaal. Die sanger sê ook dankie vir al die pragtige boodskappe wat die paartjie van oral ontvang.

“Ek is verskriklik opgewonde oor hierdie laaitie,” sê Kurt.

Die gelukwense vir die gesin stroom in op Huisgenoot se Facebookblad.