Hy sal nooit die smaak vergeet van die rys met brandsous wat sy ontvoerders vir hom gegee het om te eet nie. En hy sal nooit vergeet hoe dit voel om met ’n tou in sy hande te sit nie – ’n tou waarmee hulle gedreig het om hom op te hang.

Bespreek vir Skouspel!

Agt dae lank het dié M-Net-klankingenieur van die TV-kanaal SuperSport in die ergste denkbare nagmerrie in Nigerië geleef. Hy is deur ’n sogenaamde rebellebeweging aangehou, aangerand, uitgehonger en voortdurend vertel hy sal sterf.

Natuurlik is hy getraumatiseer, erken die 46-jarige pa van drie waar hy in sy huis in Westdene, Johannesburg, vertel van die gruwel-ervaring. “Maar met krag van Bo dink ek hanteer ek dit goed.”

Hy vryf vir die soveelste keer oor sy vrou, Lorna (32), se voete op sy skoot, so asof hy wil seker wees die mens wat so onophoudelik vir sy vrylating gebid het, is werklik weer by hom.

Hy onthou nog alles wat gebeur het in die fynste besonderhede – van die oomblik toe ’n Nigeriër in ’n weermaguniform teen die ruit van sy bus geklap het om te beduie hy moet uitklim en hy besef het hier gebeur nou iets vreemds, tot daardie laaste benoude minute voor sy vrylating.

“Dit bly soos ’n fliek wat voor my afspeel. Veral die laaste paar dae,” sê Nick. En ja, hy wil nooit, ooit weer sy voete in Nigerië sit nie...

Lees die volledige artikel in die uitgawe van 25 Maart.