Die Roodepoortse prokureur Robert Klinkenberg, die sakevriend aan wie die Bokheld Joost van der Westhuizen meer as R385 000 toevertrou en ná dié se dood verloor het, het nie soos die polisie aanvanklik vermoed het sy eie lewe geneem nie.

Huisgenoot kan eksklusief onthul die direkteur van Klinkenberg Incorporated is vermoor.

[caption id="attachment_134319" align="alignnone" width="600"]Robert Klinkenberg (Foto: Twitter) Robert Klinkenberg (Foto: Twitter)[/caption]

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder van die Randfontein-polisiekantoor, het aan Huisgenoot bevestig die geregtelike doodsondersoek is in ’n moordondersoek verander. Robert (46) se peperduur Porsche is op 3 Desember 2015 aan die verre Wes-Rand verlate langs die pad by Magaliesburg gekry.

Robert se lyk is met ’n enkele skietwond in die kop sowat 6 m van sy motor agter ’n bos gevind. “Niks is van die oorledene geneem nie; daarom was selfdood die logiese gevolgtrekking,” het Appel gesê. Die lykskouing het glo die teendeel gewys. “Alle leidrade word nou opgevolg om die motief te bepaal en die moordenaar vas te trek,” sê sy.

Joost is tans in ’n regsgeding met die Getrouheidsfonds vir Prokureurs gewikkel om sy geld te verhaal. Hy het dit aan sy jare lange vriend toevertrou om in sy trust te bewaar. Die fonds het reeds meer as R40 miljoen se eise van voormalige kliënte van Robert ontvang.

Lees die volledige artikel oor Joost en Robert in vandag se Huisgenoot van 25 Augustus.